home *** CD-ROM | disk | FTP | other *** search
- LEESMY - <bluej-home>/lib/<language>/templates/newclass/LEESMY.txt
- ------------------------------------------------------------------
-
- Hierdie lΩergids bevat klas-sjablone wat deur BlueJ gebruik word om lΩers te genereer.
- Hierdie sjablone word gebruik vir klasse wat met die "New Class" funksie in BlueJ gegenereer word.
-
- Aanpassing van sjablone
- ------------------------
- Hierdie sjablone kan maklik geredigeer word om die verstekinhoud van die gegenereerde
- lΩers aan te pas by u eie behoeftes.
-
- Byvoeging van nuwe sjablone
- ---------------------------
- Om 'n nuwe sjabloon daar te stel, skep 'n nuwe tekslΩer met die ".tmpl" uitgang
- (byvoorbeeld: "hoofklas.tmpl")
-
- Name van mini-toepassings, koppelvlakke en abstrakte klasse moet onderskeidelik
- begin met "applet", "interface" en "abstract". As die naam met enigiets anders
- begin sal dit beskou word as 'n standaard klas.
-
- Hierdie nuwe (selfgemaakte) sjablone sal dan as opsies onderaan die lys van klastipes
- bygevoeg word wanneer die "Maak nuwe klas" dialoogkassie in BlueJ vertoon word.
-
- Die naam wat in die dialoogkassie moet verskyn kan ook apart gedefinieer word
- deur die eienskap "pkgmgr.newClass.<sjabloonnaam>" in die "labels"-lΩer te definieer.
- ( Die "labels"-lΩer is by <bluej-home>/lib/<language>/labels. )
- Byvoorbeeld as die volgende gedefinieer word
-
- pkgmgr.newClass.hoofklas=Klas met main() metode
-
- dan sal die opsie "Klas met main() metode" in die dialoogkassie verskyn en dit sal
- gebruik maak van die hoofklas.tmpl sjabloon om die kodegeraamte te genereer.
-
- Indien die verstekposisie in die lys (d.w.s. onderaan) nie gewens is nie, kan die
- posisie gespesifiseer word deur die nuwe sjabloon by te voeg by die lys
- van die "bluej.classTemplates" eienskap in die BlueJ definisieslΩer
- (<bluej-home>/lib/bluej.defs). Al die sjablone wat daar gelys word sal dan
- in daardie spesifieke volgorde verskyn in die dialoogkassie. Sjablone
- wat nie daar gespesifiseer is nie, maar wel in die "templates/newclass" subgids
- voorkom sal dan ongeorden onderaan die lys bygevoeg word.
-